Inleiding

Wie is ons – Wat doen ons

  • Ons is nie ‘n sekuriteits maatskappy nie en voorsien nie wagte, alarm sisteme of gewapende reaksie nie.
  • LGV is ‘n nie winsgewende organisasie wat  die gemeenskap van Parys bedien met lewensbelangrike nooddienste.
  • Ons beskik oor n beheerkamer vanwaar ons noodgevalle en operasies beheer en koordineer vir al die mense van die Ngwathe distrik en ook die aangrensende Buffelshoek gebied in Noordwes Provinsie.
  • Ons hanteer en koordineer alle vuurbeheer dienste vir plase asook die omliggende dorpe in Ngwathe area.
  • Tydens noodgevalle is daar verskeie maniere waarop ons met die inwoners kommunikeer – FM Radio op 94.9, VHF twee rigting radios asook midband radios, ons stuur ook SMS’e en What’s ups uit vir kommunikasie met kleiner spesifieke groepe.
  • Ons operateurs gebruik n LGV Radio netwerk wat 24 uur kontak tussen al ons lede bewerkstellig. Die radio kommunikasie stelsel word nie geaffekteer wanneer die krag af is nie, hiervoor is daar bystand batterye asook kragopwekkers.
  • Ons het tweerigting radio kontak met verskillende  dienste, bv. SAPS Lugvleuel, ambulans dienste, sekuriteits maatskappye en die plaaslike boere gemeenskap wat nog huidiglik die Marnet frekwensies gebruik.
  • Ons kan bystand verleen in enige noodsituasie soos huisbrake, plaas aanvalle, voertuig ongelukke, soek en reddigsoperasies, veld/huisbrande asook vloede.
  • Ons het ‘n goeie werksverhouding met die SAPS. LGV is n sub-komitee van ons plaaslike GPF struktuur in beide Parys en Buffelshoek area. Daar word gereelde gesamentlike misdaad operasies beplan en uitgevoer.
  • Ons is in die proses om ons dienste uit te brei na verskillende dorpe om ook daar n verskil aan die plaaslike gemeenskap te maak betreffende nooddienste.
  • Ons steun op ons lede en ons bestuur om ons vrywillige dienste te lewer en volhoubaar te maak.
  • Alle vertroulike inligting wat ons ontvang in die beheer kamer sal so hanteer word. Ons sal dit nie met n derde party deel nie.

“Actions proof why words mean nothing”